Carlene & Jaco
ONS GAAN TROU!
8 Augustus 2026
Kom vier hierdie spesiale dag saam met ons
Ons kan nie wag om die begin van ons huwelik en ons nuwe lewe as ’n gesin saam met julle te vier nie!
Die afgelope jaar was vir ons ’n besonderse pad van seëninge. Ons het mekaar gevind in ’n gedeelde geloof, en vandag stap ons vorentoe met ’n diep liefde, absolute vrede en die wete dat God ons lewens op die regte tyd inmekaar gevleg het.
Hierdie huwelik is vir ons ’n groot fees van dankbaarheid, en omdat ons hierdie kosbare samesyn met ons gunsteling mense wil deel, maak ons sommer ’n hele naweek daarvan by die asemrowende Lake Eland Reservaat.

Die Troue
Wanneer
8 Aug 2026, 15:00
15:00 - Huwelikseremonie in die Kapel
16:00 - Onthaal by Kudu Onthaalarea
Waar
Kleredragkode: Netjies-informeel
RSVP asseblief teen 21 Junie 2026.

Gaste-inligting
Verblyf & Besprekings
Om almal lekker naby mekaar te hou en eksklusiewe toegang tot die private Vrydagaand-braai te verseker, het ons die eenhede in The Kraal op Lake Eland reeds voorlopig vir ons gaste gereserveer vanaf Vrydag 7 Augustus tot Sondag 9 Augustus.
Opsie 1 The Kraal (Aanbeveel):
-
Ideaal vir: Paartjies en individue. Die eenhede is intiem en naby mekaar geleë, wat dit perfek maak vir ons groep se privaat Vrydagaand-braai.
-
Let wel: Hierdie eenhede is ingerig as 2-slaper-eenhede. Vir gesinne met kinders werk dit dikwels goed om kinders in hul eie eenheid naby julle te laat oornag, of om dalk selfs saam met ouma te deel. As julle egter meer spasie verkies, is die ander chalets dalk beter geskik.
-
Belangrik: Hierdie eenhede word slegs tot 30 Junie vir ons groep gehou. Bespreek asseblief voor hierdie datum om julle plek in The Kraal te verseker.
Opsie 2: Ander Verblyf (Gesinschalets & Oewerhutte)
Vir gaste wat groter eenhede of meer spasie benodig, is die volgende eenhede tans in die reservaat beskikbaar:
-
Chalet 1 tot 4 (5-slaper eenhede)
-
Chalet 9 tot 14 (2-slaper eenhede)
-
Chalet 20 & 21 (6-slaper eenhede)
-
Family Home (6-slaper)
-
Park Home (8-slaper)
Belangrike kennisgewing oor beskikbaarheid:
-
Anders as "The Kraal", word hierdie eenhede nie eksklusief vir ons troue gehou nie.
-
Die eenhede is tans beskikbaar vir ons naweek, maar dit kan enige tyd deur ander gaste bespreek word.
-
Ons kan ongelukkig nie die beskikbaarheid van hierdie eenhede waarborg nie, so bespreek asseblief so spoedig moontlik om teleurstelling te voorkom.
Hoe om te bespreek: Alle besprekings moet direk by Lake Eland se besprekingsafdeling gedoen word.
-
Gebruik asseblief die verwysing "Ferreira Wedding" wanneer julle bespreek.
-
Laat weet ons asseblief teen 30 Junie watter eenheid julle vir julle gesin bespreek het sodat ons die beplanning kan finaliseer.
Naweek Program
Behalwe vir die spesiale tye wat ons saam gaan feesvier, wil ons graag hê elke gesin moet die naweek teen hul eie pas geniet.
-
Vrydagaand (18:00): Ons voorsien met liefde die saamkuier-braai vir almal by die private funksie-area by die Kraal op Lake Eland. Bevestig asseblief jou trou-bywoning (RSVP) teen 21 Junie.
-
Saterdagmiddag & Aand (15:00 - 21:00): Die huwelikseremonie en die amptelike onthaal sluit natuurlik ’n heerlike feesmaal en verversings in. Neem asseblief kennis dat akkommodasie-besprekings apart, direk by Lake Eland se besprekingsafdeling, gemaak moet word.
-
Tussendeur & Sondag: Die Kraal beskik oor selfsorg-fasiliteite waar julle eie ontbyte of ligte etes kan voorberei. Alternatiewelik, is daar ook ’n heerlike restaurant op die reservaat beskikbaar vir diegene wat verkies om uit te eet. Vir pret & plesier, bied Lake Eland oorgenoeg opwindende aktiwiteite om die naweek vir oud en jonk onvergeetlik te maak.
-
Dag-gaste: Vir gaste wat slegs vir die Saterdag bywoon: Die hekke bly oop tot julle vertrek na die onthaal.